FANDOM


Professor Tertius Phosfatus is 'n verstrooide, hardhorende professor. Talle voorwerpe wat in die Kuifie-reeks gebruik word, soos 'n eenmanduikboot, die vuurpyl na dieMaan en 'n sonarwapen, is deur hom ontwerp. Sonneblom hoop altyd om die mensdom te bevoordeel met behulp van sy uitvindings.

Sy doofheid is 'n gereelde bron van humor, siende dat hy weier om te erken dat hy doof is -- anders as halfdoof in die een oor -- en dan frases herhaal, maar soos wat hy dink hy gehoor het. In die "Maan"-boeke kry hy 'n gehoorapparaat, en het dwarsdeur die storie feitlik perfekte gehoor, solank die woord "bok" nie in sy geselskap gebesig word nie. Deur die verloop van latere avonture verloor hy sy gehoorapparaat, en word weer sy dowe self.

Fosfatus glo vas aan waterwiggelary en dra daarom altyd 'n pendule.